Penguin Random House South Africa

Willie Pienaar

Willie Pienaar

Willie Pienaar en sy vrou woon in Bellville. Hy is ‘n Professor Emeritus aan die Universiteit van Stellenbosch. Willie was ‘n algemene praktisyn op die platteland waar hy die vernietiging wat alkoholmisbruik veroorsaak, eerstehands beleef het. Hy het in psigiatrie gespesialiseer en het as dosent en terapeut voltyds betrokke geraak by die wêreld van verslawing. Sy doktorale
tesis fokus op alkohol en die brein. Prof. Pienaar is ook betrokke by die provinsiale en nasionale beplanning van gesondheidsdienste en rehabilitasie in die veld van verslawing. Pienaar is sedert 1982 ‘n lid van die Stiklandhospitaal
se multidissiplinêre span by die eenheid vir alkohol-rehabilitasie. Hy verwerf in 2000 ‘n MFil-graad in Bioetiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Titles By this Author​

×