Penguin Random House South Africa

Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld is ‘n bekende persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse
vermaaklikheidswêreld. Sy is ‘n baie gewilde liedjieskrywer, sangeres, aktrise en kunstenaar. Karlien is gebore in die Paarl, die oudste van drie kinders, en haar broer is die ewe bekende sanger en akteur, Bobby van Jaarsveld. Haar musiekalbums bereik gereeld Platinum-status. Sy verskyn ook in die films Platteland en As jy sing, die sepie Binnelanders en as Aspoestertjie in ‘n teaterproduksie. In 2015 wen sy die agtste seisoen van Strictly Come Dancing SA en speel ook saam met haar broer in ‘n realiteitsreeks, Bobby & Karlien: In jou skoene. Karlien is ook al vir menige toekennings benoem, insluitend die Beste Vroulike Kunstenaar, Beste Pop-album en Musiekvideo van die Jaar. Karlien is gelukkig getroud en het vier kinders. Riviere in die wildernis is haar tweede boek. Die eerste was Karlien kan nie kook nie wat in 2019 deur LAPA uitgegee is.

Titles By this Author​

×