François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien is hy al skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien skryf hy baie suksesvol en uitgebreid vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte.