LAPA Uitgewers en Penguin Random House Suid-Afrika aanvaar manuskripvoorleggings vir kinder-, tiener- en jongvolwassefiksie en -niefiksie in beide Afrikaans en Engels.
Riglyne by ouderdomsgroepe:
Daar is geen voorgeskrewe lengte/woordtelling vir verskillende ouderdomsgroepe nie en ons maak ook geen aanbevelings in hierdie verband nie.
Die indeling van ouderdomsgroepe is nie in beton gegiet nie, maar in die algemeen word daar tussen die volgende onderskei:
Nota: Illustreerders is welkom om ’n portefeulje met voorbeelde van hul werk elektronies aan te stuur. Belowende portefeuljes sal op lêer gehou en geraadpleeg word wanneer illustreerprojekte opduik, maar ons kan ongelukkig nie terugvoering oor illustrasievoorleggings verskaf nie. Moet asseblief nie oorspronklike kunswerke stuur nie – LAPA en Penguin Random House Suid-Afrika aanvaar geen aanspreeklikheid vir materiaal wat verlore raak nie.
Velde om in te vul vir voorleggings
• Naam
• Van
• E-posadres
• Sel/telnommer
• Die titel van die manuskrip
• Ouderdomsgroep/teikenmark
• Woordtelling
• ‘n Kort biografie van die skrywer met relevante publikasieagtergrond
E-posadres waarnatoe voorleggings moet gaan: childrensbooks@penguinrandomhouse.co.za
Die lys van Gereelde Vrae hieronder behoort die meeste navrae van nuwe outeurs oor die indieningsproses te dek. As jy enige bykomende vrae het oor die publikasie van ’n boek saam met Penguin wat nie hier gedek word nie, is jy welkom om dit te e-pos na publishing@penguinrandomhouse.co.za en ons sal probeer om binne ’n week te antwoord.
Nee. Ons oorweeg alleenlik boekvoorstelle van manuskripte wat reeds geskryf is. Ons kan nie ’n idee vir ’n boek goedkeur nie.
’n Roman is gewoonlik tussen 50 000 en 80 000 woorde lank. Ons oorweeg nie manuskripte wat korter of langer as hierdie voorskrif is nie.
Ja, maar jou kans om uitgegee te word is hoër as jou verhaal in ’n spesifieke en gewilde genre soos byvoorbeeld spanningsfiksie, misdaadfiksie, romantiese fiksie of historiese fiksie val. Hoe kleiner en minder algemeen die genre, hoe kleiner jou kans om uitgegee te word.
Nee. Skryf in die taal waarin jy die beste skryf. Onthou, plaaslike Engelse boeke ding mee met internasionale Engelse boeke. ’n Engelse manuskrip gaan nie jou gehoor vergroot of jou kans op sukses verhoog nie.
In dié stadium oorweeg ons nie digbundels of kortverhaalbundels van debuutskrywers nie.
As jy wil leer hoe om ’n boek te skryf of jou skryfvaardighede wil verbeter, beveel ons aan dat jy eerder vir slypskole en/of kursusse in kreatiewe skryfwerk inskryf.